top of page

KOM LAAT
DIE TANNIE
JOU VERTEL

Ek is gebore in Standerton tussen die kosmosse en grootgemaak op Matabela pap.

Ek is my ouers se oudste en enigste en het 'n ongesonde liefde vir tekkies (dis my Pa se skuld want hy het in Graad 1 my eerste paar Nike's gekoop).

Ek het aan alles deelgeneem op skool en altyd die hardste gesing in die koor. As ek terug kyk, was al die tekens seker daar, ek sou toe nie medies gaan swot nie.

Ek skep van vroeg af al, my eie verhoë. Georgina, ons huishulp, moes baie middae na skool sit vir tee met Tina Turner, Chris de Burgh of die Campbells.

Mandri Kinder fotos3.JPG

REMONA

MANDRI

SUTHERLAND

Mandri Kinder fotos1.jpeg

THE WORLD

IS MY

STAGE

’n Paar jaar later op Stellenbosch as drama student het ek ook die water getoets as straatkunstenaar. Jy sou my sien staan op ’n boom met ’n lang rok tot op die grond, by ’n vroeg oggendmark, of in my matriekafskeidrok besig om in die straat af te stap…

"The world is my stage"

Hierdie sussa se pa was nie heeltemal oortuig van die drama graad op Stellenbosch nie, maar toe hy weer sien, is sy kind in sy sitkamer, op die TV, besig om stories te vertel.


In 2021 wou ek met alles in my teater weer laat leef en dis waar ek die huiskonsert-insiatief begin het.

In Mei 2022 het dit afgeskop en ’n jaar later, toer ek regoor Suid-Afrika met my eenvroustuk, VROU ENS.

  VAN TOEKA:  

  TOT NOU:  

LUNA.jpg

LUNA
"LINDIE"

mariette se ma.jpg

MARIETTE
SE MA

VERONICA.jpg

VERONICA
KOEKEMOER

elsie.jpg

TANNIE
ELSIE

bottom of page